Reinhard Naudé, een van Laerskool Baillie Park se top tennisspelers gaan teen Suid-Afrika se top junior tennistalent by die Tennis Suid-Afrika (TSA) Junior Tenniskampioenskappe in Bloemfontein meeding.
Ongeveer 500 van die land se top junior tennisspelers kom vanaf 1-5 April in die Rosestad vir hierdie gesogte toernooi bymekaar.
Reinhard gaan in die O12-kategorie deelneem in hierdie toernooi waar beide seuns en dogters op O12, O14, O16 en O18-vlak vir nasionale titels kompeteer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



