Die Atletiek Sentraal Noordwes-stapper, Antonio Farmer, gaan sy land in Brasília, Brasilië by die Wêreld-stapkampioenskappe op Sondag, 12 April verteenwoordig.
Farmer, ’n bekende naam in Potchefstroom se atletiekkringe, het ook reeds in 2018 en 2024 die SA-span verteenwoordig. Hy is tans ‘n onderwyser by Potchefstroom Primary School en het ook voorheen die NWU as student verteenwoordig.

“Hierdie gaan my derde Wêreld-stapkampioenskappe wees. Dit is my tiende jaar as stapper en dit sal ’n groot voorreg vir my wees,” het Farmer gesê.
Die Wêreld-stapkampioenskappe vind elke twee jaar plaas, en hierdie 31ste uitgawe sal die eerste keer wees dat die kampioenskappe in Suid-Amerika aangebied word.



