Volkies se eerste seunshokkiespan het hulself goed van hul taak gekwyt by die Fairweather-fees by Hilton College in KwaZulu-Natal gedurende die skoolvakansie.
Volkies het gelykop-uitslae teen Grey College se C-span en Ermelo behaal, terwyl hulle oorwinnings oor Wesvalia, Curro Klerksdorp, Felixton College en EG Jansen behaal het.
Hier is die uitslae:
• Volkies vs Grey College C: 2–2
• Volkies vs Wesvalia: 1–0
• Volkies vs Curro Klerksdorp: 2–1
• Volkies vs Ermelo: 2–2
• Volkies vs Felixton College: 3–0
• Volkies vs EG Jansen: 4–0
Volkies se eerste dogtershokkiespan het van 26 tot 29 Maart aan die Courage-fees in Durban deelgeneem en ’n algehele 11de plek behaal. Hulle het oorwinnings teen Hoërskool Ermelo en Redhill College behaal, asook gelykop-uitslae teen Pretoria Girls High en Kingsmead College.




