SportSport

Potchefstroom atlete skitter by ASA Nasionale Kampioenskappe

ACNW het algeheel vierde geëindig met ’n indrukwekkende totaal van 56 medaljes (23 goud, 18 silwer en 15 brons).

Potchefstroom se atletiektalent het onomwonde hul merk gemaak tydens die 2026 ASA O16-O23 Kampioenskappe, met skole, klub en NWU atlete wat uitstaande prestasies vir Atletiek Sentraal Noordwes (ACNW) gelewer het.

ACNW het algeheel vierde geëindig met ’n indrukwekkende totaal van 56 medaljes (23 goud, 18 silwer en 15 brons) tydens hierdie byeenkoms wat in Germiston plaasgevind het.

Die naelloper, Viwe Jingqi, was een van die groot uitblinkers met dubbele goud (100 m – 11.48 en 200m – 23.21).

Potch Track Club (PTC) het 12 medaljes vir Noordwes ingepalm en sou as ’n afsonderlike span sewende op die medaljetabel geëindig het. Dit is ’n merkwaardige prestasie as ‘n mens in ag neem dat daar 16 provinsiale spanne deelgeneem het.

Stephane Hook (middel) het goud vir Gimmies verower.

Andrea Steynberg behaal goud in die 1500 m (04:24.9) met Katelynn Steenkamp – 5000 m (18:26.5), Thinus Erasmus – 1500 m (03:50.1) en Werner Gouws – 800 m (01:48.6) wat ook goud verower.

Steynberg behaal ook silwer in die 3000m in ‘n tyd van 09:47.1.

Potch Gimmies het ook hul staal gewys met ses medaljes en verskeie top-10 posisies.

Stephané Hook wen goud in die spiesgooi met ‘n gooi van 51.72m in die vroue O20-kategorie. Renate van der Merwe behaal goud in die 5000 m stap.

Imke Bornman het ‘n uitstekende bronsmedalje behaal.

Dianie du Preez verower ‘n uitstekende silwermedalje met ‘n sprong van 5.90 meter. Du Preez behaal ook goud in die O18 4x100m aflos saam met Lezanke Pienaar. Logan Botes (gewigstoot – 17.61 m) en Imké Bornman (diskus – 43.16 m) behaal bronsmedaljes.

Ander Noordwes-prestasies

Vir Klerksdorp Hoërskool (KHS) het Lehanke Beets ’n uitstekende prestasie behaal in die O16-spiesgooi om met ’n afstand van 50.23 m te wen.

Verskeie NWU-atlete het ook hul merk gemaak met Daniel Briel (400 m – 45.18) en Franco le Roux (110m hekkies) wat ook goud verkry.

Die oud-Volkie, Reagan April, behaal silwer in die verspring (7.18 meter) met die oud-Gimmie, Jamoré Olivier wat brons in die gewigstoot behaal met ‘n gooi van 14.49 meter.

In die spiesgooi het ACNW die O23 mans-podium oorheers Righardt Stander kry goud – 71.07 meter, Armand Willemse behaal silwer (68.85 meter) en Ewald Jansen kry brons in 66.90 meter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button