Rugbyondersteuners kan gereed maak vir ‘n rugbydag soos min hierdie komende Saterdag, 11 April op Olënpark.
Die Luiperds is in aksie teen die Oostelike Provinsie in die SA Beker wat die hoofwedstryd op die dag is. Hierdie wedstryd skop om 15:00 af.
Die voorwedstryde sal alreeds om 10:00 begin tussen Laerskool President Pretorius en Laerskool Baillie Park. Die O9’s begin om 10:00 met die eerste spanne wat 13:00 sake sal uitspook.
Die Luiperds het na hul vorige kragmeting teen Grens selfvertroue ingewin en is gereed om hul twee wen van die SA Beker te behaal.
OP, onder die afrigting van die voormalige Springbok-afrigter, Allister Coetzee, is sewende op die punteleer en het nog geen wen vanjaar behaal nie.
Luiperds afrigter, Riaan van Straten, het aan die Herald genoem dat die Luiperds besig is om momentum te bou veral nadat hul teen Grens hul eerste wen behaal het.
“Dit gaan ‘n lekker taai ene wees. Ons is opgewonde en ons werk hard om die Luiperds reg te ruk en goeie rugby te speel. Ek is self opgewonde om te sien wat die ouens teen OP doen. Ons gaan mik om baie klinies te wees.”
Ingang is verniet.



