SportSport

Luiperds stuit nie vir OP nie

Die Luiperds kon nie op vroeë momentum bou nie en moes kyk hoe 'n wen uit hul hande glip.

Die Luiperds het vanmiddag (Saterdag, 11 April ondanks ‘n 17-0 voorsprong met 43-31 teen die Oostelike Provinsie in ‘n SA Beker kragmeting op Olënpark vasgeval.

Die Luiperds sal voel dat hul ‘n geleentheid verloor het na hul die wedstryd puik begin het met drie drieë van Damon O’Connell, Ghudian van Rheenen en Naiden Jaarts.

Die OP het teruggeveg met ‘n dryfbeweging vanuit ‘n lynstaan waar Dandré Delport oorduik. Binne die volgende tien minute druk, Damon Royle en Mpho Ntsane om vir OP met 19-17 teen rustyd te laat voorloop. Die besoekers het veral probleme veroorsaak van rolmaalbewegings.

OP het verder die momentum gebou met Ntsane wat weer gaan twee keer na rustyd gaan ruk. Die Luiperds het ‘n kort 5-minute periode van momentum gehad toe Jaarts en Brandon Keevy oorgaan om die telling na 36-31 te vernou.

OP het wel die laaste sê gehad toe Garth April en die loskopstut, Hlomla Zondani oorduik om ‘n wen vir die besoekers onder hoofafrigter, Allister Coetzee, te besorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button