SportSport

Gimmies klop Midstream in taai Noordvaalbeker-stryd

Gimmies het 'n harde stryd vanmiddag met 22-15 gewen.

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan het veggees gewys om vanmiddag vir Midstream College met 22-15 in die eerste Virseker Noordvaalbeker-stryd van die seisoen op Mooivallei te klop.

Gimmies was met 8-15 agter teen rustyd, maar het op ‘n modderige veld ‘n beter vertoning in die tweede helfte ingesit om die besoekers te klop.

Drieë van die vleuel MJ Potgieter (in die eerste helfte) sowel as skrumskakel, Brendon Kellerman en Hardu Wolmarans in die tweede helfte was genoeg om Gimmies die wen te gee.

Wolmarans het die wendrie gedruk nadat Gimmies vir lank in Midstream se 22 geboer het. Vroeër het ‘n fantastiese lynbreek van die heelagter, Josh Pretorius, vir Gimmies se tweede drie gesorg. Kellerman het nog werk gehad om te doen, maar met ‘n systap en vasberadenheid kon hy in die hoek druk. Pretorius het oor die algemeen ‘n baie goeie wedstryd gehad.

Midstream het bly aanval en kon nog in die laaste sekondes van die wedstryd ‘n drie probeer druk, maar Durand du Plooy se lak het gesorg dat Gimmies die wen inpalm toe die bal weens die impak vorentoe val.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button