SportSport

Volkies se hokkiedogters lig NWU Prestigereeks-trofee

Volkies se eerste dogtershokkiespan het vir PHS met 4-1 geklop en spog nou met goue medaljes.

Uiteindelik!

Na jare se harde werk kan Potch Volkies se eerste dogtershokkiespan met goud om hulle nekke en groot glimlagte die NWU Prestigereeks trofee lig nadat hul vir Hoërskool Pietersburg met 4-1 op die NWU Astro op Vrydag, 1 Mei geklop het.

Volkies het verdien om die wedstryd te wen nadat hulle die hele wedstryd voorgeloop het. Hul het ook hul kanse in die sirkel benut en was klinies voor die doelhok. ‘n Uitstekende aspek van hul spel was hoe hul verdedig het veral nadat Pietersburg omtrent 8 keer in ‘n ry ‘n kort hoekie gekry het.

Volkies se dogters het uitgehou en twee doele in die laaste twee kwarte aangeteken om die oorwinning te verseker.

Clarinda de Wet, Mare Coetzee, Zanneri Roland en Jumari Serfontein het Volkies se doele aangeteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button