Met die Gimmie-Volkie Classic Clash sportnaweek wat amper op hande is vanaf 22-23 Mei, is daar nog ‘n opwindende toevoeging wat vanjaar vir die eerste keer gaan plaasvind.
Op Dinsdag, 19 Mei gaan Gimmies en Volkies se eerste krieketspanne op die JB Marks Oval sake uitspook in ‘n spesiale T20 Krieket Clash.
Dit gaan ‘n krieketdag wees om te onthou met ‘n opwindende voorprogram wat ook op die JB Marks Oval gaan plaasvind.
Om 09:30 sal Laerskool Baillie Park teen Mooirivier speel, met Potch Central School en Laerskool ML Fick wat om 13:30 mekaar sal aanpak.
Volkies en Gimmies sal om 18:00 mekaar onder die spreiligte aanpak.
Koste is R20 per persoon. Toegang vir leerders in skooldrag is verniet.



