SportSport

Gimmies se skaakkoning wil Wêreldkampioenskap-droom bewaarheid

Dewald Coetsee het die geleentheid om Suid-Afrika in Italië te verteenwoordig, maar het befondsing nodig.

Dit is veilig om te sê dat Dewald Coetsee, ’n matrikulant van Potchefstroom Gimnasium en die o.18-Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioen, weet hoe om die regte skuiwe te maak.

Dewald het seker gemaak dat sy koningstuk veilig bly met strategieë wat sy teenstanders tydens die afgelope SAJG-skaakkampioenskappe (Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaakkampioenskappe) nie kon baasraak nie. Na nege rondtes oor ’n tydperk van ses dae is Dewald as die beste in die land in sy ouderdomsgroep gekroon.

Dewald se droom is om Suid-Afrika in Italië by die Wêreldkampioenskappe te verteenwoordig. Foto: Verskaf

Sodoende het hy die beste spelers in die land geklop om die geleentheid te kry om sy land by die FIDE 2026 Wêreld-juniorskaakkampioenskappe in Montesilvano, Italië, vanaf 14–27 Junie vanjaar te verteenwoordig.

Een groot struikelblok vir Dewald is die finansies wat hy nodig het om deel te neem, aangesien Skaak SA nie vir die reis kan betaal nie.

“Ons wil by besighede of privaat persone hoor of hulle bereid sou wees om ons finansieel in hierdie verband by te staan en te help om Dewald se drome verder te voer. Dit is ’n groot eer en voorreg om jou land te kan verteenwoordig by so ’n groot internasionale geleentheid waar die wêreld se beste skaakspelers teen mekaar gaan meeding,” sê Dewald se pa, Eddie.

Belangstellendes kan vir Eddie by 072 567 8932 of edco@vodamail.co.za kontak vir meer inligting

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button