Volkies het hulle Virseker Noordvaalbeker op Saterdag, 9 Mei op ‘n harde noot begin toe net drie van hul spanne in die nege wedstryde teen Midstream College in Midrand geseëvier het.
Volkies se eerstesoan het met 23-17 vasgeval teen ‘n Midstream-span wat gretig was om hulle eerste oorwinning in die Bowl-Wes afdeling te behaal.
Volkies se o14A en o14B en o16B het almal gewe.
Volkies se volgende kragmeting in die Virseker Noordvaalbeker is teen Jeugland van Kempton Park hierdie Saterdag, 16 Mei.
Uitslae:
Eerstespanne: Midstream wen 23–17
Tweedespanne: Midstream wen 31–19
Derde span: Midstream wen 14–7
o16A: Midstream wen 23–19
o16B: Volkies wen 12–10
o15A: Midstream wen 10–7
o15B: Midstream wen 32–0
o14A: Volkies wen 22–13
o14B: Volkies wen 54–3



