SportSport

Volkie-Gimmie Interskole is ‘n kroonjuweel vir Potch

Die opwinding loop hoog! Ondersteun jy vir Volkies of Gimmies hierdie week en naweek? Gesonde kompetisie is iets wat albei hierdie skole op die voorgrond gaan sit.

Die Classic Clash-sportnaweek tussen Volkies en Gimmies, wat vanjaar op Hoër Volkskool Potchefstroom se velde en bane plaasvind, het oor die jare verander van ‘n naweek van sport na ‘n hele week van kragmetings en gesonde kompetisie oor verskeie grense.

Dit is nie net meer hokkie, netbal en rugby nie, maar dit inkorporeer ook ander sportsoorte soos tennis en krieket, sowel as kultuuraktiwiteite. Gimmie-Volkie of Volkie-Gimmie (afhangend van vir wie jy skree) bring Potchefstroom tot stilstand, veral wanneer die tradisionele rugbywedstryde op Saterdag plaasvind. Soos gewoonlik sal die meeste oë op die eerstespanwedstryd wees.

Terselfdertyd het hierdie interskolebyeenkoms ‘n groot impak op die breër Potchefstroomse gemeenskap wat ‘n skakel met ‘n skool het.

Dit is in aktiwiteite soos die gholfdag of rolbalaand waar die gemeenskap bymekaar kom en in goeie gees meeding om te sien wie die beste is. Ja, dit is lekker om te wen, maar dit is ook lekker om broederskap te beleef.

Die Classic Clash het inderwaarheid reeds met ‘n paar uitstekende voorhande begin toe Gimmies en Volkies se tennisspanne mekaar op Vrydag, 15 Mei, aangevat het.

Vir die rekord het Gimmies 46 van die 48 tenniswedstryde oor al die ouderdomsgroepe gewen.

Hier is die tennisuitslae:

  • 4de seuns: 8–0 (65-7)
  • 3de seuns: 8–0 (70-2)
  • 2de seuns: 8–0 (68-4)
  • 2de dogters: 8–0 (63-9)
  • 1ste seuns: 8–0 (78-10)
  • 1ste dogters: 6–2 (58-30)

Vandag pak Volkies en Gimmies se eerste krieketspanne mekaar op die JB Marks Oval onder die spreiligte.

Daar sal ook groot pryse vir ondersteuners wees met ‘n eenhandvangkompetisie. Hier kan ondersteuners R10 000 wen vir ‘n skoon vang van ‘n ses met een hand. Vir slegs R20 toegang (skoolkinders in skoolklere kry gratis toegang) is dit ‘n baie lekker wortel voor die neus.

Al het jy geen verband met Gimmies of Volkies nie, kan enige Potchefstromer steeds in die spesiale interskolebyeenkoms deel. Dit gaan oor die gees, die trots en die uitnemendheid waarvoor elke skool staan.

Hier is die bepalings vir die naweek van 22-23 Mei:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button