Volkies se vreugdesvure brand hoog nadat hul vanmiddag (Saterdag, 23 Mei) vir die eerste keer in vier jaar die Classic Clash-eerstespanrugbywedstryd met 34-26 op hul tuisveld gewen het.
Dit was ān emosionele en opwindende stryd tussen Volkies en Gimmies, met albei skole wat hul ondersteuners deur ān spanningsvolle 70 minute geneem het.
Volkies se losskakel, Kyle Hattingh, het twee drieĆ« gedruk – een om die telbord in die eerste helfte te open en ān tweede om die wen vir sy span te verseker.

Volkies se heelagter, Carlo van der Merwe, het twee doelskoppe en ān strafskop oorgesit. Sy skopwerk in stresvolle situasies was ook baie goed. River Samuel, Lethabo Riet en Wian Victor het ook vir Volkies in die tweede helfte gaan druk, wat baie meer oop was.
Gimmies se taak is bemoeilik toe die vaskopstut, Nicolas Dreyer, reeds nĆ” 10 minute met ān rooi kaart vir gevaarlike spel afgestuur is nadat hy Volkies se skrumskakel omgedop het.

Die eerste helfte was ān taai stryd, met albei spanne wat vir 30 minute geen punte kon aanteken nie.
Hattingh se breek na binne om ān pragtige drie af te rond, is net drie minute later uitgekanselleer toe die slot, Phillip Botha, vir Gimmies oorduik om die spanne met 7-7 teen halftyd te laat.
Volkies het die inisiatief in die tweede helfte geneem toe Riet oorduik nadat hy deur ān gaping gebars het. Die flank, Wian Victor, is in die 40ste minuut oor om Volkies ān 20-7-voorsprong te gee.





Die tuisspan was nou in beheer, maar Gimmies het nie gaan stilsit nie en hul gevaar gewys met ān teenaanval toe die linkervleuel, Reba Moalosi, langs die kantlyn vir Volkies in die stof los.
Kort daarna is Gimmies se kranige kaptein, De Wet Grobler, ook oor om die druk op Volkies te hou. Een aspek waarmee Gimmies in die tweede helfte gesukkel het, was hul lynstane, wat keer op keer afgeneem is. Samuel se drie nĆ” ān uitstekende kort aangee van Hattingh het Volkies weer met agt punte laat voorloop.
Dit was wel nie die einde van die drama nie, want Grobler het met brute krag sy span in die wedstryd gehou met ān drie in die hoekie.
ZandrĆ© da Silva het met ān moeilike skop verdoel en nou was Gimmies net een punt agter met die telling op 27-26.
Volkies en Hattingh het wel die laaste sĆŖ gehad toe hy onder die pale gaan druk het om die wen te verseker.
Rugbyuitslae van die dag: (Gimmies wen 6 van die nege kragmetings. Een is gelykop en Volkies wen twee kragmetings)
o14
⢠A – Gimmies 22-7 Volkies
⢠B – Gimmies 14-20 Volkies
o15
⢠A – Gimmies 21-10 Volkies
⢠B – Gimmies 36-12 Volkies
o16
⢠A – Gimmies 13-13 Volkies
⢠B – Gimmies 7-5 Volkies
o19
⢠C – Gimmies 17-11 Volkies
⢠B – Gimmies 15-12 Volkies
- Daar sal meer oor die dag se rugbyaksie deur die loop van die naweek verskyn met foto’s en videos wat binnekort beskikbaar sal wees.



