SportSport

Ferdies Legacy Clash sorg vir puik aksie

Ferdies en Sannieshof het sake uitgespook in die Legacy Clash wat by Ferdies plaasgevind het.

Ferdies het op Saterdag, 30 Mei hul Legacy Clash teen Hoërskool Sannieshof op hul tuisveld aangebied wat vir fantastiese aksie en kameraadskap op en van die veld af gesorg het.

Die Ferdies Legacy Clash is geskep met een doel voor oë: Om leerders die geleentheid te bied om die unieke atmosfeer en opwinding van ’n groot sportgeleentheid te beleef en deel daarvan te wees.

Elke jaar kies Ferdies ‘n opponent om teen hulle in die Legacy Clash te speel wat ‘n besondere hoogtepunt op die kalender vir die skool is.

Ferdies se netbalspanne het vir kookwater netbal teen Sannieshof gesorg.

Dit is nie net op sportgebied waar Ferdies tuis voel nie, maar ook in die opbou tot die naweek waar gees gekweek word. Daar word doelbewus ‘n atmosfeer van trots en samehorigheid geskep.

2026 Ferdies Legacy Clash-uitslae

Rugby:

  • O15A: Ferdies 14 – 7 Sannieshof
  • Eerstespan: Ferdies 5 – 24 Sannieshof

Netbal:

  • o14A: Ferdies 23 – 12 Sannieshof
  • o.15A: Ferdies 26 – 15 Sannieshof
  • Derdespan: Ferdies 6 – 25 Sannieshof
  • Tweedespan: Ferdies 18 – 38 Sannieshof
  • Eerstespan: Ferdies 36 – 42 Sannieshof

Hokkie:

  • Eerstespan: Ferdies 8 – 0 Colinda

Unieke tradisie: Legacy-wolfbalkie

Nog ’n besonderse tradisie wat die Ferdies Legacy Clash uniek maak, is die jaarlikse Legacy-wolfbalkie. Elke persoon wat die geleentheid bywoon – of dit nou as speler, afrigter, personeellid is – ontvang ’n unieke wolfbalkie as herinnering aan daardie jaar se Legacy Clash. Die ontwerp verander elke jaar en word oor ’n vyfjaarsiklus ontwikkel, wat elke balkie eksklusief en versamelbaar maak.

Dit beteken dat ’n leerder wat in 2026 as ‘n graad 8-leerling by Ferdies begin het en in 2030 matrikuleer, vyf verskillende Legacy-wolfbalkies sal versamel. Elke balkie dien as bewys dat hy of sy daardie jaar deel van die Legacy Clash was – hetsy as deelnemer of as trotse ondersteuner – en simboliseer die herinneringe, tradisies en nalatenskap wat deur die jare opgebou word.

Ferdies se eerste netbalspan tydens die opbou tot die wedstryd.
Sannieshof se eerste netbalspan staan trots voor die begin van die wedstryd

Die dag word afgesluit met die eerste rugbyspan se wedstryd en ’n gesellige ouerbraai – ’n geleentheid om die skool dankbaarheid teenoor hul ouers en die breër Ferdies-gemeenskap vir hul volgehoue ondersteuning uit te spreek.

“Vir Hoërskool Ferdinand Postma, as ’n kleiner skool met relatief min tradisionele derby-geleenthede, bied die Legacy Clash aan ons leerders ’n platform om hul talente op ’n besondere verhoog ten toon te stel. Dit skep herinneringe, bou tradisies en laat elke leerder deel voel van iets groter as hulself,” noem Charles Louw, bemarker by Hoërskool Ferdinand Postma.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button