Gimmies se skaakster, Dewald Coetsee, se droom is verwesenlik om Suid-Afrika by die IDE Wêreldjeug- skaakkampioenskappe te verteenwoordig. Dewald is deel is van die Suid-Afrikaanse skaakspan wat van 14-27 Junie in Montesilvano, Italië, teen die wêreld se bestes gaan speel.
Die Herald het vroeër vanjaar oor Dewald se skaakprestasies berig. Op daardie stadium het hy nog nie die finansies gehad om die reis te kan meemaak nie.

Die NWU het toe ingespring en R 20 000 geskenk om Dewald se toer as SA skaakspeler moonlik te maak.
Die NWU gelukbringer, Eagi, het persoonlik die tjek aan Dewald by die skool kom oorhandig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



