SportSport

Baillies en Tokkies se netbalspanne deur na SA’s

Baillie Park se o12A-span en Mooirivier se o11A-span kwalifiseer vir die SA's.

Laerskool Baillie Park en Laerskool Mooirivier se netbalspanne gaan hierdie komende Julie aan die Suid-Arikaanse Netbalkampioenskappe deelneem.

Baillie Park se o12A-span en Mooirivier se o11A-span kwalifiseer beide nadat hulle albei as naaswenners in hul ouderdomsgroepe by die Noordweskampioenskappe wat 15 Junie in Rustenburg plaasgevind het.

Laerskool Mooirivier se o11A-span is ook Noordwes naaswenners.

Baillie Park se o12A-span was onoorwonne in hul poel en het vir Rustenburg en GHS in die kwart-en halfeindstryde geklop. In die eindstryd verloor Baillies met net een doel teen Vastrap.

Tokkies se o11A-span het ook uitstekende netbal gespeel. Hul het Baillie Park se o11A’s in hul halfeindstryd geklop voordat hulle ook teen Laerskool Vastrap in die eindstryd verloor het.

Vastap se o11A, o12A en o13A-spanne is as Noordweswenners gekroon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button