SportSport

Gimmie vir SA o16 netbalspan gekies

Chanel Duarté is een van 12 uitgesoekte spelers landswyd in haar ouderdomsgroep.

Een van Potchefstroom Gimnasium se top jong netbalspelers, Chanel Duarté, is vir SA o16 netbalspan gekies na ‘n uitstekende Suid-Afrikaanse Skolenetbal (SASN) toernooi wat by Dr E.G. Jansen in Boksburg vanaf 28 Junie – 1 Julie plaasgevind het.

Chanel is eerstens in die top 35 spelersgroep gekies waarna sy daarna een van 12 uitgesoekte spelers landswyd gekies is.

Chanel is ‘n oud-leerder van Laerskool Mooirivier en speel puik netbal vir Gimmies.  

Twee ander Gimmies is ook vir die top 35 gekies in die o17 ouderdomsgroep. Dit is Milana Matthys en Diané Pretorius.

“Om onder die land se beste netbalspelers erken te word, is ‘n besondere prestasie en getuig van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Julle het die Gimmie-naam met trots uitgedra en bewys dat uitnemendheid die vrug van volgehoue werk is,” noem Potchefstroom Gimnasium op hul Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button