Die Luiperds o18 Cravenweekspan het hul week op ‘n gepasde wyse afgesluit toe hul vir Grens vandag (Saterdag, 11 Julie) met 45-31 in Gqeberha geklop het.
Die Luiperds het ‘n sterk Cravenweek vanaf 5-11 Julie by Grey High beleef, waar hul met ‘n gedugte span goeie uitslae beleef het.

Die span van Noordwes het die Limpopo Blou Bulle met 57-14 afgeransel. Hul kon wel nie die oorhand teen Boland kry nie en moes met 39-20 die onderspit delf.
Twee van die top spelers vir die Luiperds was RHS se Van Heerden-broers, Evan en Ruben wat voorlangs puik rugby speel. Hul is die seuns van die voormalige Springbokslot, Wikus van Heerden.
Ander uitblinkers vir die Luiperds sluit in Gimmies se DeWet Grobler, Wesvalia se Wian du Preez en RHS se Ayden Willemse.



