Dit het slegs twee minute geneem vir die voormalige NWU rugbyspeler, Benhard Janse van Rensburg, om sy merk in ‘n England trui maak.
Janse van Rensburg het vanmiddag in sy toetsdebuut teen Fidji in Liverpool van die bank af gekom in die 33ste minuut en in die 35ste minuut sy eerste internasionale drie langs die pale gedruk.
Engeland het die wedstryd oorheers en met 73-8 gewen.
“Dit was ‘n absolute voorreg en ek het elke minuut van dit geniet,” het Benhard na die wedstryd genoem.
Hy het ook lof vanuit verskillende oorde in die Engelse media na sy vertoning gekry:
“Scored a try with his very first touch of the ball, running a short, hard line to score England’s fourth try after replacing Slade. His pull-back pass to Fin Smith for Caluori’s try in the final quarter unlocked the Fijian defence completely and was a nice sign that he is already gelling with his new backline.” – Rugbypass.com



