Die Volkie fietsryer, Lian Louw, het sy staal gewys tydens die onlangse Gauteng XCC en XCO-kampioenskappe met oorwinnings in die Junior Mans-afdelings.
Lian het die XCC (Cross Country Kortbaan) in ‘n tyd van 16:17 sowel as die XCO (Cross Country Olympic) in 01:01:05 gewen by Riversands Farm in die Noorde van Johannesburg.
Dit bewys dat Lian in beide die korter en langer afstande in agtereenvolgende dae konsekwent kon bly en top fietsryers vanuit Noordwes en Gauteng kon klop om as provinsiale kampioen gekroon te word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



