Netballiefhebbers kan hierdie week gereed maak vir die 28ste Irene Seymore Netbaltoernooi wat vanaf 16-18 Julie by Hoër Volkskool Potchefstroom vir kookwater aksie gaan sorg.
46 spanne, 30 spelers en 12 skole gaan aan hierdie toernooi in o14-o19 verband deelneem. Dit sluit skole soos Hoërskool Upington (Noord-Kaap), Oranje Meisies (Vrystaat), Nelspruit (Mpumalanga), Menlopark (Gauteng) sowel as Volkies en Potch Gimmies in.
Die ander deelnemende skole is Helpmekaar, Eldoraigne, Monument, RHS, KHS en LS Vastrap.
Hierdie fantastiese netbaltoernooi, wat na die voormalige Potch Volkies netbalafrigter, Irene Seymore, vernoem is, strek oor drie dae. Die toernooi is ook ‘n positiewe weerspieeling van Volkies en Potch se netbalkultuur. Hierdie toernooi is ook vir baie skole ‘n platform vir voorbereiding vir die SA Skole Netbaltoernooie wat in die derde kwartaal voorlê.
Drie van Volkies se top oud-spelers gaan ook die trofeë uitdeel na wat hul vernoem is.
o.14 trofee – Ine-Marie Venter
o.15 trofee – Elsunet du Plessis
o.16 trofee -Amanda Mynhardt
Die skedule is as volg:
Donderdag – 13:00 -19:00
Vrydag – 08:00 -18:00
Saterdag – 08:00 – 12:30



