SportSport

Emmies se krieketspanne kook

Malan Marais was op sy stukke met 'n briljante 96 van 50 balle in een van die wedstryde.

Laerskool M.L. Fick se o11 en eerste krieketspanne het hul kriekettoer by Jubaweni in Limpopo hierdie week.

Op die eerste dag het albei spanne oorwinnings behaal met die eerste span wat vir Laerskool Horison van Roodepoort met 7 paaltjies klop. Die o11’s klop President Steyn van Alberton met 58 lopies. Die eerstespankolwer, Malan Marais, het ‘n blitsige 96* van slegs 50 balle aangeteken.

Malan Marais was uitstekend teen Laerskool Horison.

Die eerstespan onder leiding van Jason Pieters en Diaan van der Merwe, het ook hul tweede wedstryd teen President Steyn met 5 paaltjies gewen.

Hul speel tans in die eindstryd teen Dalmondeor.

Die o11’s het hul half-eindstryd teen Laerskool Louw Geldehuys met 100 lopies verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button