Vyf van Potchefstroom Gimnasium se top swemmers het in die wintervakansie die voorreg gehad om vir ‘n 2026-swemtoer na Italië te reis.
Inneke Liebenberg, Irma Kotzé, René Kotzé, Egbert Palmer en Minke Bester het Gimmies met trots verteenwoordig. Irma het ook ‘n briljante bronsmedalje in die 400m individuele medley-item verower.
Die toer het afgeskop met die Treviso Internasionale Swemkampioenskappe vanaf 26-27 Junie, met die Rossini Swembeker wat tydens 4-5 Julie plaasgevind het.
Minke Bester het ongelukkig haar vinger gebreek en kon nie kompeteer nie.
Treviso Swemkampioenskappe uitslae
Inneke Liebenberg
- 50m Borsslag – 20ste
- 100m Borsslag – 18de
- 200m Borsslag – 25ste
- 50m Vryslag – 54ste
René Kotzé
- 100m Borsslag – 9de
- 200m Borsslag – 38ste
- 100m Vryslag – 25ste
Irma Kotzé
- 400m IM – 3de
- 50m Vlinderslag – 4de
- 100m Vlinderslag – 7de
- 200m Vlinderslag – 5de
Egbert Palmer
- 50m Vryslag – 21ste
- 100m Vryslag – 15de
- 200m Vryslag – 45ste
- 400m Vryslag – 12de
Rossini Swembeker
Irma Kotzé
- 400m IM – 3de
- 200m IM – 9de
- 100m Vlinderslag – 5de
- 200m Vlinderslag – 4de
René Kotzé
- 100m Borsslag – 16de
- 200m Borsslag – 8ste
Inneke Liebenberg
- 50m Vryslag – 23ste
- 100m Vryslag – 23ste
- 200m Vryslag – 22ste
- 50m Borsslag – 16de
- 100m Borsslag – 16de
- 200m Borsslag – 4de
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



