SportSport

Gimmies se eerste span weer in die Virsekerbeker-finaal

Gimmies het 'n 13-6 oorwinning teen Midstream in die half-eindstryd behaal.

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan kwalifiseer vir ‘n derde jaar in ‘n ry vir die finaal na ‘n klipharde 13-6 sege vanmiddag (Saterdag, 8 Augustus) teen Midstream College in die Noordvaal Virsekerbeker.

Gimmies se eerste span moes uithaal en wys nadat beide hul o14A en o15A-spanne hul half-eindstryd vroeër die oggend naelskraap verloor het.

Gimmies se eerstes het hard baklei vir die wen met die kaptein, De Wet Grobler se drie en Zandré Da Silva se twee strafskoppe en doelskop wat deurslaggewend was. Nic Dreyer was ook ‘n yster in die skrums.

Volkies het net-net uitgemis op die eindstryd na hul met 17-26 teen Centurion verloor het. Volkies het nog tot op die einde voorgeloop voordat Centurion die wen uit hul hande geneem het.

Gimmies sal nou kragte teen Centurion in die eindstryd op Saterdag, 15 Augustus, meet.

Uitslae:

o14A: Gimmies 19 – 22 Midstream
o15A: Gimmies 10 – 14 Ermelo
o19A: Gimmies 13 – 6 Midstream

o19A: Volkies 17 – 26 Centurion

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button