SportSport

NWU klop Kovsies met 50-48 in Bloem

Na gister se nederlaag teen UJ, was die NWU meer as gereed om aan die wenkant teen Kovsies in die Rosestad te kom.

Die NWU Eagles is weer op die wenpad nadat hul vir Kovsies vanaand (Saterdag, 31 Augustus) in nog ‘n klipharde stryd met 50-48 getroef het.

Die NWU moes wys dat hul nederlaag van 60-43 teen UJ gisteraand nie hul momentum kon keer nie. Die motivering was groot vir Elsunet du Plessis se span om sake reg te stel en ook om die eerste span vanjaar te wees wat Kovsies klop.

Die NWU het soos ‘n eenheid teen Kovsies gespeel en in die taai oomblikke het hul net meer antwoorde gehad as hul teenstanders van Bloemfontein. Die telling was 37-37 na die derde kwart, maar die NWU kon ‘n vyf punte voorsprong behaal wat Kovsies net nie kon inhaal nie.

Met hierdie wen is die NWU nou derde op die punteleer op 12 punte. Kovsies is tweede op 13 punte en UJ is heelbo op 16 punte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button