Potchefstroom Gimnasium se tennisspelers het Noordwes behoorlik oorheers met 10 van die skool se 11 spanne was as Noordweswenners of naaswenners gekroon is.
Gimmies se eerste seunstennisspan het Wesvalia met 61-27 geklop om die titel te buit.
Gimmies se tweede seunstennisspan het Wesvalia met 58-24 afgeransel, terwyl die derde span ook teen Wesvalia met 48-24 geseëvier het. Albei spanne is as Noordwes-wenners gekroon. Gimmies se vierdie, vyfde en sesde spanne het dit ‘n 100% rekord as Noordweskampione gemaak.
Die eerste dogterstennisspan moes met 50-27 teen RHS die knie buig en het as Noordwes-naaswenners geëindig.
Die tweede span het egter vir Bergsig met 46-26 geklop, terwyl die derde span KHS met 6-0 42-12 en die vierde span KHS met 49-14 verslaan het. Die vyfde span het Wesvalia met 32-10 geklop. Al vier hierdie spanne is as Noordwes-wenners gekroon.




