Twee van Volkies se Fast 5‑spanne het die afgelope naweek silvermedaljes by die Noordwes Skole Fast 5-toernooi behaal en sodoende hul plek by die SA Fast 5-kampioenskappe bespreek.
Volkies se o15 en o17 spanne wys hul staal met konsekwente vertonings.
Volkies se o17’s behaal sterk oorwinnings teen Leborne, Schoonspruit en Bergsig voordat hul in die finaal teen Rustenburg vasval.
Die o15’s behaal seges teen Grenville, KHS, Brits, Lichtenburg en Gimmies. Hul val ook vas teen RHS in die finaal.
Die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan op 25–26 September by EG Jansen plaasvind.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



