Volkies se eerste en o15A-krieketspanne het kookwater-vertonings gelewer teen Hoërskool Rustenburg die afgelope Saterdag, met die eerste span wat met 187 lopies gewen het en die o15A’s wat ’n 127-lopie-sege behaal het.
Vir Volkies se eerstes was Riekert Kruger met 84 (91) en AW van der Merwe met 83 (47) aan die brand met die kolf. Die kaptein, Andries Venter, het ook ’n puik 69 (78) aangeteken.
Die linkerarmdraaier, Hanru Combrinck, was weer onder die paaltjies met 4/22. Venter het sy goeie wedstryd met die bal voortgesit en 3/34 geneem. Sodoende is Rustenburg tot 156/9 beperk.
Vir die o15A’s was Corné Bergh die ster met die bal én die kolf. Hy teken eers 72* (94) aan voordat hy 5/28 met die bal neem. Mofenyi Olaniran neem 3/27.
Volkies maak 241 almal uit en boul RHS uit vir 114. Met hierdie vertonings is Volkies boaan die punteleer en wys hulle dat hulle vanjaar een van die skole is om mee rekening te hou.



