NWU gaan vir tuisveld voordeel veg
Die aanvallende Arende sal vol selfvertroue wees omdat hulle bo-aan die punteleer is, maar as hulle op die laaste hekkie teen Ikeys struikel, is daardie voordeel waarskynlik daarmee heen.

Die NWU gaan vanaand, 8 April vir tuisveld voordeel teen Ikeys in die Varsitybeker uitkloprondtes speel. Die aanvallende Arende sal vol selfvertroue wees omdat hulle bo-aan die punteleer is, maar as hulle op die laaste hekkie teen Ikeys struikel, is daardie voordeel waarskynlik daarmee heen. Die NWU het reeds vir die uitkloprondtes gekwalifiseer, maar sal hulle wedstryde liewer tuis wil speel. Die Kapenaars in die tweede plek is slegs twee punte agter die NWU, so ook Maties en Shimlas in die derde en vierde plek. Shimlas gaanteen Wits uitdraf terwyl Maties teen CUT gaan kragte meet. Dit is alles moet wen wedstryde vir al die spanne. Die NWU het met tye veral op verdediging gesukkel maar hoofafrigter, Burger van der Westhuizen, sou na die laaste wedstryd teen CUT die kwessies al uitgestryk het. Dit gaan beslis nie ‘n maklike taak wees nie, veral omdat Tom-Dawson Squibb se troepe ook daarvan hou om aan te val. Dit is bewys nadat hulle in hulle laaste wedstryd teen UWK met 91 – 9 geseëvier het. Die Kapenaars sal ‘n barshou teen die NWU wil speel aangesien hulle verlede……
jaar in die eindstryd met slegs twee punte teen die Noordwesters verloor het. Dit gaan beslis een van die wedstryde van die toernooi wees. Die wedstryd skop Maandag, 8 April om 19:00 by die Fanie du Toit sportgronde af. Die wedstryd kan ook regstreeks op Supersport gekyk word.