Sport

Potch Dorp laat kanse deur vingers glip

Dorp se volgende uitdaging is 'n tuiswedstryd teen Sibanya. Hulle sal op hulle beste wil wees om die veldtog weer op koers te kry. 

Potch Dorp het Saterdag, 6 April teen Welkom Rovers kragte in die eerste wedstryd van die Presidents/ Neserbeker gemeet.

Die bal het nie in Welkom in Potch se guns gehop nie, die maroen leeus, moes 38 – 18 die knie buig.

Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Potch Dorp is die telling nie ‘n goeie weergawe va ndie wedstryd nie.

“Ons het 2 sagte drieë afgestaan. Dan het ons nog twee drieë weg gegooi. Ons het die bal op die lyn verloor. EK is eintlik baie tevrede in ag geneem ons heelagter moes op senter begin en is na 20min met besering af. Die flank moes gaan senter speel en toe verloor ons die slot en agtsteman in die 2de helfde. Die manne het goeie karakter gewys en was dit nie vir ‘n paar swak besluite en afronding nie kon die telling baie anders gelyk het,” het Stewart gesê.

Dorp se volgende uitdaging is ‘n weg wedstryd teen Sibanya. Hulle sal op hulle beste wil wees om die veldtog weer op koers te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button