Die bruin bere van Wesvalia in Klerksdorp het oor hulle Oos randse opponente geloop tydens die laaste groepwedstryde van die NWU Reeks.
Wesvalia het 57 – 3 teen Oosterlig geseëvier. Die manne van Boksburg het ‘n moeilike dag op kantoor teen Wesvalia gehad, die bal het op die dag glad nie na hulle kant toe gehop nie. Die Klerksdorpers was van meet af in beheer van die wedstryd. Binne die eerste minuut het hulle die tempo gestel en met brute krag gou ‘n rolmaal drie gaan druk. Die pak voorspelers was nie Wessies se enigste wapen in die arsenaal nie, hulle spoedvrate het ook ‘n keer of wat agter die doellyn gaan kuier.
“Ons het hard gewerk aan ons spel, die span het mooi binne die sisteem gespeel en begin dit nou goed uitvoer. Ons sien uit na die uitkloprondtes om onsself teen nog beter opponente te toets,” het Willem Van der Sandt, Direkteur van Rugby gesê.
Wesvalia se volgende wedstryd is teen Jeugland in die die NWU reeks kwart eindstryd.