Sport
Gimmies kry goeie oorwinning in NWU reeks
Die volgende uitdaging wat vir Gimmies wag, is Montana.

Gimmies het ‘n spogoorwinning oor Heidelberg Volkies die naweek behaal.
Die Potchefstromers het 22 – 7 gewen om komende naweek, 20 April, teen Montana vir plekke, 9 – 12 uit te speel.
“Ons het ‘n goeie tweede helfte vertoning gehad met ons skrum wat hul man gestaan het. Dit het ons gehelp om op die einde die oorhand in die in los spel te kon kry,” het Jacques Botes, hoofafrigter van Gimmies, gesê.
Die Potchefstromers het bo hulle gewig geboks dusver in die NWU reeks, waar hulle teen spanne gewen het, wat in baie hoër ligas as hulle speel.
Die volgende uitdaging wat vir Gimmies wag, is Montana.
“Hulle het ons laasjaar in die NWU semifinaal gewen so dit gaan tough wees. Ons sal die naweek definitef op ons beste moet wees,” het Botes gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.