Sport

Tyd net te min vir Volkies in NWU reeks

Wanneer die Potchefstromers in 'n hoek gedruk word, word hulle gevaarlike teenstanders. 

As die kwartfinaal wedstryd tussen Volkies en Montana ‘n paar minute langer was, het die Potchefstromers waarskynlik ‘n haas uit ‘n hoed getrek.

Volkies het die kragmeting 26- 23 verloor.

Met ‘n halftyd telling van 26 -3 in Montana se guns, het min van die ondersteuners hoop vir ‘n oorwinning gehad.

Tog het Volkies soos oudergewoonte, na ‘n nuwe rat toe oor geskakel. Wanneer die Potchefstromers in ‘n hoek gedruk word, word hulle gevaarlike teenstanders.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, sal die span al groot teenstanders geklop het, as hulle net ‘n goeie begin kon kry.

“Ons is die comeback kings,” het de Beer gesê. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button