Sport

Potch Dorp klop Matlosana in die doodsnikke

Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Potch Dorp, het die span 'n baie goeie begin gehad en was na 20 minute 19-0 voor. 

Potch Dorp het in die laaste sekondes van hulle Vision Neserliga stryd teen Matlosana ‘n strafskop oor geklits om die wedstryd 34 – 33 te wen.

Dit is die eerste wedstryd wat die Potchefstromers in dié liga gewen het.

Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Potch Dorp, het die span ‘n baie goeie begin gehad en was na 20 minute 19-0 voor.

“Hulle opportunisme het hulle terug in die wedstryd gebring. Hulle skop onbeplande en onakkurate skoppe en wag dat jy foute maak of swak besluite neem en dan sit hulle jou onder druk. Ons het die skrums gedommineer en geen skrum strafskop gekry nie. Ons lynstane was skitterend en die aanval opsies was baie effektief. Drie van hulle drieë het gekom van los spel en skoppe wat verkeerd gespring het vir ons,” het Stewart gesê.

Volgens Stewart het sy troepe se 1 op 1 verdediging hulle in die steek gelaat.

“Ons sal daaraan werk en in tweede ronde teen hulle sal ons moet verbeter,” het hy gesê.

Dorp het komende naweek ‘n loslootjie waarna hulle Stilfontein toe reis om die Hurricanes op Kowie park te gaan aanvat.

Related Articles

 
Back to top button