Sport

Wessies vat Noordheuwel in NWU-prestige reeks eindstryd aan

Die enigste ding wat tussen die Bruinbere en glorie staan, is Noordheuwel van Krugersdorp.

Wesvalia van Klerksdorp gaan Saterdag, 27 April  een van die land se top 20 beste skole rugbyspanne in die NWU-prestige reeks finaal aanvat.

Die enigste ding wat tussen die Bruinbere en glorie staan, is Noordheuwel van Krugersdorp. Dit is beslis ‘n groot rots wat die Klerksdorpers sal moet weg rol om as NWU Prestige reeks kampioene uit die stryd te tree.

In die halfeindstryd wat 20 April plaasgevind het, het Wessies vir Pietersburg 30 – 17 geklop om na die eindstryd deur te dring. Dit was dalk ‘n wedstryd waar die Klerksdorpers besef het dat hulle van meet af op hulle beste sal moet wees om teen Noordheuwel te wen.

Volgens Willem van der Sandt, hoofafrigter van Wesvalia, was dit ‘n wedstryd van twee helftes.

“Ons het baie swak begin wat ons in ide eerste helfte onder druk geplaas het. In ide tweede helfte het ons soos ‘n ander span gelyk, met die vaart en durf waarmee ons gespeel het,” het hy gesê.

Van der Sandt se troepe sal moet beter begin teen Noordheuwel anders gaan dit ‘n lang dag op kantoor wees.

Dit gaan taai wees, ons is verseker die buiteperd maar onsverkies so. Die seuns het begin van die jaar mikpunte gestel en hard gewerk om daar uit te kom,” het hy gesê.

Alle NWU prestige reeks eindstryd wedstryde word komende Saterdag by die NWU gespeel.

Related Articles

 
Back to top button