Sport

Pumas boelie Luiperds in Nelspruit

"Ons het gehoop om meer kompeterend te wees, maar hulle was fisies bo oor ons gewees.

Die Pumas het die Luiperds met 71- 10, Saterdag, 27 April,  in Nelspruit laat les opsê.

Die Laevelders het 11 drieë gedruk om die loesing af te rond. Volgens Matt Proudfoot, hoofafrigter van die Luiperds is hy bietjie teleurgesteld met die resultaat.

“Ons het gehoop om meer kompeterend te wees, maar hulle was fisies bo oor ons gewees. Hulle skoppe het ook vir hulle goed gewerk om ons onder druk te hou,” het Proudfoot gesê.

Die Luiperds se volgende uitdaging is die Boland wie Leeudoringstad toe moet reis om die Luiperds aan te vat.

“Dit gaan ‘n goeie uitdaging wees, ons verdediging gaan baie goed moet wees. Die spoed waarmee die Boland speel is indrukwekkend. Ek glo ons sal in die vaste fasette met hulle kan kompeteer. Dit behoort ‘n wedstryd te wees waar twee verskillende maniere van speel teen mekaar opgeweeg gaan word,” het Proudfoot gesê.

Die Luiperds speel, Saterdag, 4 Mei, by Leeudoringstad rugbyklub om 15:00 teen die Boland.

 

Related Articles

 
Back to top button