Sport

Wessies verloor riller teen Noordheuwel

Dit was 'n klassieke eindstryd wat werklik enige kant toe kon gaan.

Wesvalia se Bruinbere het Saterdag, 27 April ‘n riller van ‘n eindstryd teen Noordheuwel verloor.

Die NWU reeks se eindstryd vir die nommer een plek was in baie kenners se oë reeds deur die groot kanon van Noordheuwel gewen. Wesvalia het egter die draaiboek bietjie herskryf. Noordheuwel het uiteindelik 15 -11 as NWU reeks kampioene uitgetree, maar die Klerksdorpers het dit nie vir hulle op ‘n skinkbord gegee nie.

Dit was ‘n klassieke eindstryd wat werklik enige kant toe kon gaan. Noordheuwel sal ontevrede wees met die hoeveelheid strafskoppe wat hulle afgestaan het, maar Wessies sal net so ontevrede wees oor die punte wat hulle op die veld gelos het van daai strafskoppe af.

Volgens Willem van der Sandt, Wesvalia se direkteur van Rugby, was hierdie finaal ‘n bewys dat plattelandse skole met die bestes in die land kan kompeteer. “Ons boks elke jaar ver bo ons gewig, dit sou spesiaal wees om die wen te kry maar ons skool was algeheel derde met rugby. Ons mikpunt was om top vier te eindig en elke afrigter en seun het hulle kant gebring om ons doelwitte verby te steek. Nou pak ons die Noordvaalbeker aan,” het Van der Sandt gesê.

Die Noordvaalbeker se Skild afdeling spanne sal verseker begin kyk het na die Klerskdorpers, as ‘n groot kanon. Wesvalia skop hulle Noordvaalveldtog, Saterdag 4 Mei, op tuisbodem teen Lichtenburg af.

Related Articles

 
Back to top button