Sport

Tokkies wen jaarlikse ‘derby’ teen Baillies

Die jaarlikse wedywering tussen Baillies en Tokkies op die sportveld het Dindagmiddag, 30 April,  ‘n klimaks bereik toe dié twee skole se eerste rugbyspanne mekaar die stryd aangesê het.

Die jaarlikse wedywering tussen Baillies en Tokkies op die sportveld het Dindagmiddag, 30 April,  ‘n klimaks bereik toe dié twee skole se eerste rugbyspanne mekaar die stryd aangesê het. Beide spanne het ‘n punt gehad om te bewys nadat hulle albei in die vorige ligawedstryde teen onderskeidelik Saamtrek en Lahoff van Klerksdorp verloor het. Dit was ‘n opwindende eerste helfte waar die Tokkies halftyd met 7 – 5 voor was. Daar is duidelike instruksies vir die manne gegee, want die Tokkies het toe die eindfluitjie blaas, met 36 -10 as wenners uit die stryd getree. Volgens Jacky Golden, rugbyorganiseerder by Tokkies, was dit ‘n goeie dag wat in die regte gees plaasgevind het.
“Dit is altyd lekker teen Baillies, dit is altyd harde rugby. Dit was ‘n geseënde dag,” het Golden gesê.

Op die netbalbaan het Tokkies se eerstespan dogters ook die wen deurgetrek. Hier het Tokkies ‘n taai wedstryd met 18 -12 gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button