Die Anker sink Gimmies in die NWU eindstryd
Gimmies begin hulle Noordvaalbeker veldtog komende Saterdag, 4 Mei, op tuisbodem teen Dr. Malan.

Gimmies se eersterugbyspan het hulle eindstryd vir 9de en 10de plek teen Die Anker verloor.In dié wedstryd wat op Saterdag, 27 April gespeel was, moes die Potchefstromers 10 -17 die knie buig. “Dit is nie die resultaat wat ons wou gehad het nie, hulle het goed begin, met twee vinnige drieë toe moes ons opvang.
Hulle het ons voorlangs onder druk geplaas. Ons het goed geskrum maar hulle het goed oor die voordeellyn gekom wat ons onder druk geplaas het. Dit was ‘n taai wedstryd, maar hulle het beslis verdien om te wen,” het Botes gesê.
Gimmies begin hulle Noordvaalbeker veldtog komende Saterdag, 4 Mei, op tuisbodem teen Dr. Malan.
Gimmies se netbaldogters het ‘n moedige stryd teen Noordheuwel geveg om die goud te wen, maar moes uiteindelik die knie buig. Dié dogters kan trots wees op hulle spel wat vir hulle ‘n silwermedalje ingepalm het.