Sport

Volkies val vas teen Oosterlig in NWU reeks eindstryd

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was dit veral 'n swak begin van sy troepe af.

Volkies het Saterdag, 27 April, in hulle eindstryd vir 15de en 16de plek teen Oosterlig vasgeval.
Hulle het 28 – 32 teen die span van die Oos-Rand verloor. Die Potchefstromers sal hulleself kan skop na verskeie onderskep drieé teen hulle gedruk is.
Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was dit veral ‘n swak begin van sy troepe af.

“Ons speel nog nie lekker saam as ‘n span nie, die NWU reeks was vir ons goed gewees te voorbereiding vir die liga,” het de Beer gesê.

Volkies gaan komende naweek Alberton toe reis om hulle Noordvaal veldtog af te skop.

“Ons gaan dinge regstel teen Alberton, ons verwag ‘n taai stryd, Alberton is nooit ‘n maklike wedtryd nie, veral nie as hulle tuis speel nie,” het de Beer gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button