Sport

Wessies werk hard om Liggies te klop

"Alhoewel ons voorlangs bietjie gesukkel het, was die agterlyn baie gevaarlik wanneer hulle die bal gekry het," Willem van der Sandt, hoofafrigter van Pietersburg gesê.

Wesvalia moes ‘n harde skof insit om Saterdag, 4 Mei, hulle teenstanders van Lichtenburg met 23 – 12 te klop.

Die Klerksdorpers het veral in die vaste fasette gesukkel en kon nie hulle rolmaal aan die gang kry nie. Deel van die ontwrigting was die besering van Junior Kuhn, Wesvalia se vuurvreter haker wat altyd die pak aan die gang kry.

“Alhoewel ons voorlangs bietjie gesukkel het, was die agterlyn baie gevaarlik wanneer hulle die bal gekry het. Ons reis komende naweek Pietersburg toe. Dit is altyd taai as mens hulle daar moet gaan speel. Hulle het ‘n paar oulike spelers,” Willem van der Sandt, hoofafrigter van Wesvalia gesê.

Die goeie nuus vir Wessies ondersteuners is dat Junior Kuhn weer reg sal wees vir die kragmeting met Pietersburg. Die Klerksdorpers gaan ‘n moeilike stryd teen Pietersburg hê wat hulle eerste liga wedstryd teen ‘n begeesterde Die Ankerspan verloor het.

Die Anker het vir Pietersburg ‘n pakslae van 53 – 7 gegee. Dit sal vir die laevelders ‘n aansporing wees om dinge op hulle tuisveld reg te stel.

 

Related Articles

 
Back to top button