Local newsNewsNews

Openbare infrastruktuur ‘n sagte teiken vir misdadigers

Aan die einde van Mei 2026 het die DA 'n strafregtelike saak geopen oor die aanhoudende aanslae op kritieke infrastruktuur.

Met die afgelope week se voortdurende gevalle van kabeldiefstal in Potchefstroom, sowel as vorige stappe om kabeldiefstal aan te meld en strafregtelike sake te open, het die DA in JB Marks weer dringende optrede van die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit geëis.

Daar was gister (Woensdag, 5 Augustus) weer ‘n voorval van kabeldiefstal in Smitstraat. Dit volg nadat kabeldiefstal sommige inwoners van Rivierstraat vir sewe dae sonder krag gelaat het.

Volgens die DA sluit ander kwessies wat dringend aandag verg beter voorraadbestuur, vinniger reaksietye op diensleweringsonderbrekings, groter deursigtigheid teenoor inwoners, asook ‘n omvattende aksieplan vir dienslewering in.

“Dit is die munisipaliteit se plig om infrastruktuur te beskerm, herstelwerk betyds uit te voer en te verseker dat inwoners toegang tot basiese dienste het,” het die DA raadslid, Ald. Bertus le Roux, gesê.

“Aan die einde van Mei 2026 het die DA ‘n strafregtelike saak geopen oor die aanhoudende aanslae op kritieke infrastruktuur. Hoewel die strafregtelike proses sy verloop moet neem, kan die munisipaliteit nie langer verskonings maak nie.”

By navraag het die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit gesê hulle is bewus van die kabeldiefstal, wat ‘n wesenlike probleem is.

“Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit moedig die publiek aan om gevalle van kabeldiefstal of enige verdagte aktiwiteite rondom elektriese infrastruktuur by die polisie of die munisipaliteit aan te meld,” het die munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite, gesê.

Die Herald het verlede maand berig oor infrastruktuurprobleme op die Bult, veral in Thabo Mbekiweg, waar ‘n groot slaggat en waterlek steeds nie herstel is nie.

Die slaggat in Thabo Mbeki-weg wat na herhaalde pogings nog nie herstel is nie. Foto: Wouter Pienaar

“Vorige herstelpogings het blykbaar binne dae misluk, maar ‘n volhoubare oplossing is steeds nie in plek nie,” het Le Roux bygevoeg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button