Schools
VIDEO: Osies wys hulle talent op die verhoog
Dit was tyd vir die jaarlikse Osies got Talent-kompetisie en ‘n algehele 42 leerders het vanjaar as finaliste gekwalifiseer.

POLOKWANE – Sing, dans of toneelspel, kon Oosskoolleerders verlede Donderdag hulle talent op die verhoog ten toon stel.
Dit was tyd vir die jaarlikse Osies got Talent-kompetisie en ‘n algehele 42 leerders het vanjaar as finaliste gekwalifiseer.
Liedjies soos Fight Song en I’ll Be There het nuwe lewe gekry, terwyl die dansers gewys het hoe soepel hulle is. Hollywood kan gereed wees om Osies met hulle drama-talente op die silwerskerm te ontvang. Die vierde kategorie is instrumenteel en die gehoor kon hulle self verloor in die klanke van die klavier en Ukulele.
Wenners:
- Dans: Evelyn Shrives en Rhuné Stander.
- Sing: Mila Veldman.
- Drama: Jo-Ane Pieterse en Arnich du Toit.
- Instrumentaal: Keagan Smuts.
Lees meer in hierdie week se Review.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



