Kolskote vir plaaslike skuts tydens kampioenskappe
Plaaslike skuts het die naweek op die skietbaan buite die stad gewys waartoe hulle in staat is met die Bosveld 3-geweer Kampioenskappe wat uit afdelings vir handwapens, gewere en haelgewere bestaan het. Skuts se vernuf is behoorlik op verskeie bane met stilstaande papier- en metaalteikens sowel as bewegende teikens getoets. Jan Bondesio is die algehele …

Plaaslike skuts het die naweek op die skietbaan buite die stad gewys waartoe hulle in staat is met die Bosveld 3-geweer Kampioenskappe wat uit afdelings vir handwapens, gewere en haelgewere bestaan het.
Skuts se vernuf is behoorlik op verskeie bane met stilstaande papier- en metaalteikens sowel as bewegende teikens getoets.
Jan Bondesio is die algehele wenner in die ope-afdeling met Tinus Botha en Dion du Bruyn onderskeidelik in die tweede en derde plek. Du Bruyn is ook as algehele wenner in die senior-afdeling aangewys gevolg deur Sakkie van Wyk en Sean Mullin.
Marita Botha is die topskut in die vroue-afdeling met Marzé Becker tweede en Jané van Wyk in die derde plek.
Peet Smit was die beste juniorskut terwyl Ruben Rautenbach die algehele wenner in die standaard-afdeling is.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>[email protected]





