EntertainmentPhoto GalleriesSportSportSport

Valia blaas Blou Tornados weg op Loftus

VANDERBIJLPARK. – Die Wit Bulle van die Hoërskool Monument sal Saterdag sy keer moet ken wanneer hy die eerste rugbyspan van die Hoërskool Transvalia op sy tuisveld in die Tuks-reeks aandurf. Transvalia het Dinsdag op Loftus Versfeld ‘n vriendelike dog dringende boodskap uitgestuur dat hy vanjaar ‘n mag is om mee rekening te hou, toe …

VANDERBIJLPARK. – Die Wit Bulle van die Hoërskool Monument sal Saterdag sy keer moet ken wanneer hy die eerste rugbyspan van die Hoërskool Transvalia op sy tuisveld in die Tuks-reeks aandurf.

Transvalia het Dinsdag op Loftus Versfeld ‘n vriendelike dog dringende boodskap uitgestuur dat hy vanjaar ‘n mag is om mee rekening te hou, toe hy Waterkloof tydens die jaaarlikse Tickepro Blou Bulle Rugbydag met 30-25 geklop het.

Monnas het op sy beurt harde bene gekou om Welkom Gimnasium met 10-5 te klop.

Volgens Valia se afrigter, Jaco Kok, is hy nie bekommerd dat sy span twee groot wedstryde in een week speel nie. Hy is onlangs as die Valke se Cravenweek-afrigter aangestel en gemeet aan Valia se welslae die afgelope paar jaar gaan die land ‘n ander Valke-span sien, wanneer die Cravenweek en Akademieweek van 8 tot 14 Julie by Paarl Gimnasium aangebied word.

Dit vorm deel van die skool se 150ste betsaansjaar se feesvieringe. – Vir meer oor die kragmeting tussen Transvalia en Monnas koop aanstaande week Vaalweekblad vir aksiefoto’s en ‘n wedstrydverslag

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button