Kom vul jul kerskouse by Goeiehoek Kersmark!
Die gewilde Goeiehoek Kersmark word op 12 Desember van 09:00 tot 14:00 op die plaas Bosrand ten bate van die Gereformeerde Kerk van Vereeniging aangebied.

Die gewilde Goeiehoek Kersmark word op 12 Desember van 09:00 tot 14:00 op die plaas Bosrand ten bate van die Gereformeerde Kerk van Vereeniging aangebied.
Meer as 120 stalletjies is reeds bespreek, waar kieskeurigste snuffelaars Kersgeskenke vir die hele familie kan kom koop! Bring sommer die hele familie en vriendekring saam, en ondersteun die kreatiewe deelnemers wat ‘n fees van unieke ware het om aan te bied.
Wil jy die spensrak, vrieskas en koekblikke vul? Miskien die klerekas, die tuin of huis bietjie opkikker voor Kersfees? Hierdie mark het dit!
As dit te goed klink om waar te wees, kom kuier op 12 Desember saam en ervaar ware boeregasvryheid en uitsonderlike gehalte.
Vergeet nie van die smullekker etes en bederfies vir die soettand nie – dis uit die boonste rakke!
Die kleinspan geniet die begeleide perderitte terdeë – ‘n lekker bederfie om die dag mee af te rond.
Die mobiele eenheid van die Nasionale Bloeddiens (SANBS) gaan die mark ook besoek en vra dat bloedskenkers hulle sal ondersteun om kosbare lewens te help red.
Vir enige navrae oor Goeiehoek se Kersmark, kontak Jozelle by 084 885 9811 of Annatjie by 083 541 9908.
Padaanwysings: Neem die R42 Vereeniging – Heidelberg. Draai rigting Goeiehoek by Meyerton/Goeiehoek kruising. Na 4 kilometer vanaf kruising draai regs in syaansluiting – rigting Goeiehoek. Bosrand is die 1ste plaas op links ná die syaansluiting. GPS: S26°38’58.1 E28°06’50.0. Sien ook Goeiehoek Kontreimark op Google Maps.

