EntertainmentLocal newsNewsNews

Country-vertoning bied opwinding en pret aan bejaardes

Voete het gestamp en hande is op die maat van country musiek geklap tydens ’n spesiale Kersvertoning by die Drie Riviere Aftreeoord.

VEREENIGING. – Daar was groot opwinding toe die legendariese ‘Koningin van Country’, Barbara Ray, en die sangpaar Twice da Nice, bestaande uit Sally en Angelo, onlangs bejaardes van die Drie Riviere aftreeoord vermaak het.

Ongeveer 120 mense het die vertoning bygewoon.

Volgens Elize Williamson, bestuurder van Meals on Wheels se tak in Drie Riviere, het die geleentheid ook as ’n fondsinsameling vir die organisasie gedien.

Die niewinsgewende organisasie is afhanklik van skenkings en elke sent help.

Die organisasie lewer heilsame maaltye aan individue af wat weens ouderdom of liggaamlike gestremdheid nie meer in staat is om hul eie maaltye voort te berei of te gaan kom nie.

Mense wat belangstel om die organisasie by te staan of meer wil weet kan vir Williamson by 076 628 3300 skakel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button