Jong gholfer dra nog ʼn kroon
Leomand se toewyding, harde werk en deursettingsvermoë om voortdurend sy gholfspel te verbeter ken geen perke nie. Dit werp vrugte af.
VANDERBIJLPARK – 2026 was ʼn goeie jaar vir die 12-jarige Leomand Jacobs. Nadat hy vyf titels by die SA Kids se prysuitdeling verower het, is hy nou ook as Boys 12 Spring Season Champion by die US Kids Golf Gauteng Spring Tour 2025 gekroon. Hy het ook weer Top Priority Status behaal.

Hierdie titel volg op sy goeie prestasies wat hy by die SA Golf Kids se prysuitdeling behaal het.
Daar is Leomand aangewys as die Algehele Seuns Gholfspeler van die jaar, Algehele Beste 18-Gaatjie Speler en die Algehele Beste Stroke Average Wenner. Dan het hy hy ook die trofee ontvang vir die Beste Stroke Average vir Seuns 11-12 en het Algeheel derde plek gekry vir die meeste punte Seuns 11-12..
Die jong kampioen lewe vir gholf en het sy visier op volgende jaar se Teen World Championship wat in Pinehurst, VSA plaasvind.