Minimalisme met groot trefkrag
Die fotograwe maak nou gereed vir die November-klubaand wanneer hulle aan die gewilde Veelsydigheidskompetisie sal deelneem.
VANDERBIJLPARK – Minimalisme was die Oktober-maandtema van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging en het gesorg vir ‘n reeks treffende foto’s, waaronder die algehele foto van die aand.
Meesterfotograaf Johan Brits se foto, Poles in water, is as die wenfoto in die senior afdeling (4-, 5-Ster en hoër graderings) én as foto van die aand aangewys.
In die junior afdeling (1- tot 3-Ster graderings) het Beatrice Jordaan die eerste plek behaal met haar foto, Night’s ancient eye.
Die wenners van die ander kategorieë is:
Aanlyn inskrywings – Mietsie Visser met Springkaanete.
Selfoonfoto’s – Johan Joubert met Uilkuiken was die senior-afdeling wenner, en Marisca Botha met Teatro ala Scala was die junior-afdeling wenner.
Monochroom – Chanel Enslin met Scar under the eye was die senior-wenner en Marisca Botha met Union, not just a building die junior-wenner.
Ope-afdeling – Mietsie Visser met Ek gaan nie los nie was die senior-wenner en Marisca Botha se Nature’s Solitude die junior-wenner.
November
Vir die Veelsydigheidskompetisie moet fotograwe vyf foto’s uit ‘n keuse van nege kategorieë inskryf.
Kategorieë wissel van o.a. landskappe, argitektuur, portrette en kreatiewe fotografie tot makrofotografie en sport.
Gesoute beoordelaars van Port Elizabeth (Gqeberha) gaan hiervoor ingespan word.
Belangstellendes is welkom om Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za te skakel vir inligting.
Besoek die klub se webtuiste by https://www.vdbp-photo.org/ vir verdere inligting, artikels en foto’s, of die klub se Facebook https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub waar daar gereeld interessante wenke en foto’s opgelaai word.








