Dokkies looi Overvaal
VEREENIGING. – Wanneer jy bottervingers in die veld het, gaan die Dokkies jou dit laat voel. Dit is die harde les wat eerste krieketspan van die Hoërskool Overvaal Saterdag op sy tuisveld geleer het. Die leermeester was die Hoërskool Dr. Malan se wilgerlatswaaiers wat die tuisspan met 332 lopies gelooi het. Die kolfblad het min …

VEREENIGING. – Wanneer jy bottervingers in die veld het, gaan die Dokkies jou dit laat voel.
Dit is die harde les wat eerste krieketspan van die Hoërskool Overvaal Saterdag op sy tuisveld geleer het. Die leermeester was die Hoërskool Dr. Malan se wilgerlatswaaiers wat die tuisspan met 332 lopies gelooi het. Die kolfblad het min duiwels in hom gehad en die besoekers het voor die penne baljaar met Juanru Roos (51), Luhan Roux (70) en Divan Erasmus (58) het vyftigtalle aangeteken in die proses om ‘n teiken van 434/10 in 49.4 beurte daar te stel.
Die Dokkies het daarna Overvaal vir 102/10 in slegs 26 beurte uitgeknikker. *Koop vandeesweek Vaalweekblad vir die varste sportnuus en meer oor die plaaslike skolekrieket-liga.


